Dalai Lama

Hierdie artikel handel oor die Dalai Lama in die algemeen. Vir die artikel oor die huidige Dalai Lama, sien Tenzin Gyatso.
Dalai Lama
Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama.
Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama.
Tibettaans ཏཱ་ལའི་བླ་མ་
Transliterasie tā la'i bla ma
Konvensioneel Dalai Lama
Huis Dalai Lama

Die Dalai Lama is ’n monnik van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme[1] wat deur Tsongkhapa gestig is. Die Dalai Lama word beskou as die opvolger in ’n lyn van reïnkarnasies van Avalokitesvara,[2] die bodhisattva van meelewing.[3] Die term is ’n kombinasie van die Mongoolse woord dalai ("oseaan") en die Tibettaanse woord bla-ma ("ghoeroe, onderwyser, mentor").[4] Die 1ste Dalai Lama was Gendun Drup en die 14de en huidige Dalai Lama is Tenzin Gyatso.

Van 1642 tot die 1950's (buiten 1705 tot 1750) het die Dalai Lamas of hul regente aan die hoof gestaan van die Tibettaanse regering, wat oor die grootste deel van die Tibettaanse Plato regeer het. Die Ganden Tripa is egter in naam die hoof van die Gelug-Boeddhisteskool.

  1. Dr Alexander Berzin (November 2014). "Special Features of the Gelug Tradition – para. on Administration". The Buddhist Archives of Dr Alexander Berzin (in Engels). Berzin Archives. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 8 Mei 2015. The Dalai Lamas are not the heads of the Gelug tradition
  2. "Definition of Dalai Lama in English" (in Engels). Oxford Dictionaries. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2016. Besoek op 2 Mei 2015.
  3. Peter Popham, Relentless: The Dalai Lama's Heart of Steel [http://www.newsweek.com/2015/02/06/relentless-dalai-lama-heart-steel-302768.html Newsweek-artikel, 29 Januarie 2015
  4. "lama" uit Encyclopædia Britannica

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search